VROUE MET VLERKE

Hanli‘sy besef:  hy
sien haar nie  sy sit as niks.  dat waar sy

is bloot lug of glas of leegte is
dwarsdeur haar kyk hy, nie mis of dalk per
ongeluk verby nie.  in die niet het

sy verdwyn, g’n vooraf taal of trauma nie

vir die kelner self is sy ‘n tafel-
poot of stoel.  Hoe het dit dan gekom tot
hier waar niks bestaan wat meer erken dat
sy vrou is nie?  niks wat  her ken dat

sy die koel gestalte van ‘n mens dra
wat die aarde nog bemin. Die laat-uur-
koffie op die plein, die lug vol sagte sade nie?  haar stil onsigbaarheid’

Antjie Krog.  Leave me a lonely began – Verweerskrif.

Een van die eerste vrouens wat ek geskilder het, was ‘n Somaliese vrou wat

 

Suid-Afrika toe gevlug het met haar vier kinders.  Op pad het al vier gesterf.  Sy het egter in Johannesburg aangekom met drie ander.  Drie weeskinders wat sy langs die pad opgetel het en haar oor ontferm het.  Sy het ‘n naam gehad.  Dié vrou, alhoewel ek dit lankal vergeet het.   Was dit nie vir die skildery nie, het sy vergete geraak.  Verdwyn.

Net soos die Somaliese vrou het elke vrou ‘n eie unieke verhaal.  Verhale van mishandeling.  Liefde.  Hartstog.  Swaarkry.  Vreugde.  Opoffering.

Wanneer ek ‘ n vrou skilder, wil ek haar vry maak.  Vlerke gee.  Sy kan raak net wie sy wil.  Sy is niemand se ma nie.  Niemand se kind nie.  Niemand se vrou nie.  Sy is bloot mens.  Uniek in haarself.    Gewigloos,  naamloos , reis sy na buite. Reis sy na binne.  Sy raak  soos ‘n arend.  Sy vlieg hoog.

 

– Bo die klein skermutseling, styg sy op en in tydlose mate en harmonieë sweef sy heerlik uit en verby die mensgemaakte plafon en nok.  Ek dek haar links en is tegelyk haar vleuel van regs.  My fluisteringe skerm haar teen die vlammende son, sou haar ook vang as sy sou val, dra haar dromend op die gedurig veranderende strome van die lug bo  ons sugtende vasteland gevorm na ‘n hart.

Kyrie, eleison.  Christe, eleison.

– Gedeelte uit Al die windrigtings van my wêreld deur Rachelle Greeff – aangepas deur myself.

 

 

Pin It on Pinterest

Shares